Category Archives : Afrikaans

Home  >>  Afrikaans

Wêreldgeluks-verslag – Suid-Afrikaners is nie ’n besonder gelukkige spulletjie nie

Suid-Afrikaners is nie ’n besonder gelukkige spulletjie nie. Selfs in kommunistiese lande en van dié waar mense onderdruk word en deur terrorisme of burgerlike onrus geteister word, sal jy gelukkiger mense aantref.

Dit blyk uit die nuutste World Happiness-verslag wat Woensdag uitgereik is. Boonop het Suid-Afrika, vergeleke met verlede jaar, vier plekke teruggesak tot nommer 105 op die ranglys van 156 lande.

Modeontwerper van SA gaan in Los Angeles in Kalifornië uitstal

’n Jong modeontwerper van Oosrand is genooi om sy uitrustings eersdaags by ’n modeweek in Los Angeles in Kalifornië uit te stal.

Die stylghoeroe William de Beer (28), van Willet Designs Couture, is deur die voorsitter van die Art Hearts Fashion Week in Los Angeles genooi om dié modeweek in Maart by te woon.